Thursday, July 29, 2010

Vingerlek lekker is relatief..

Ek is nou maar een maal ‘n rys, vleis en aartappels tipe girl.


Dit klink dalk onsettend “banaal en middelklas” (soos Paula sou se) maar dis hoe dit is met Steve. Eintlik met my. Ek weet nie regtig wat Steve Hofmeyer eet nie. Dalk ook rys, vleis en aartapples, vet weet. Dit maak nie eers sin nie, hoekom sal “vet” nou weet as ek nie eers weet nie. “Vet” is nie eers ‘n mens nie, tensy “vet” regtig ‘n persoon was, soos Yvette, en almal noem haar net “vet” en dalk weet sy tog. Verdere ondersoek is nodig. Beslis.


Terug na my toe. Nie dat ek enigsins ‘n onavontuurlustige persoon is nie, inteendeel. Om uit vliegtuie te spring en saam met haaie te duik is vir my geen probleem, maar kyk, sit nou ‘n ui in my spaghetti, en dan is die hel los. My arme moeder moet alewig as sy haar “signature dish”, Alfredo, maak, twee potte sous maak, een met al die kakkies soos sampioene en uie in, en een vir my, basies net room en ham.


Snaaks genoeg, ek is mal daaroor om cooking shows te kyk. Ek verkyk my aan al die konkoksies wat hulle bak en brou. Dit lyk so mooi, ek kan dink dat dit lekker ruik, maar hel, ek wil dit nie eet nie. Ek kan ‘n restaurant menu met my oe uittrek, maar as die waitress kom, bestel ek maar altyd dieselfde: Vis en chips asb. Dis die safe option. Dis my comfort zone. Ek is nie naief nie, ek weet daar is niks so boring soos ‘n hawaiin pizza nie, maar ek sal nou maar hawaiin pizza eet tot die dag wat ek omkap.


En net so by the way, hawaiin pizza kan sekerlik nie so boring wees nie, ‘n mengsel an italie en ‘n eksotiese eiland, kan verseker nie so ondraagbaar wees nie.


Daar is seker goed waaroor ek net baie sterk opinies het. Party mense is baie standvastig as dit kom by geloof, ander mense is vreeslik passievol oor politiek, my seerpunt is vrugte. Ja vrugte. Daar is niks wat my so irreteer soos rosyntjies in tjoklits of appels in muffins of stukke strawberry in jogurt of neute in roomys nie. Vrugte hoort net nie in tjoklits, roomys, jogurt of muffins nie. Hey, but that’s just me.


Vandat ek hier in Aus geland het, het ek half verplig gevoel om effens buite my culinary boundaries te eksperimenteer. Seker die vreemdste ding wat ek nou al geeet het, was kangaroo vleis.


Definitief bo op my lys van kaas aaklige goed wat ek al in Australia geproe het, is Custard Apple. Dit lyk soos ‘n vrug van Pandora af, en smaak soos ‘n appel wat al effens begin sleg word het, maar met baie baie baie melkerige sap aan die binnekant. Nie baie aangenaam nie. ‘n Vrug wat ek wel geniet het, was ‘n Persimmon. Lyk soos ‘n tamatie buite, maar soos ‘n perske binne. ‘n Vrug orgie. Maar lekker.

Elk geval, my punt was eintlik, ek het gisteraand op die nuus gesien dat die eerste slaghuis hier in Wes Australia nou openlik en wettiglik perd vleis verkoop. Nou kyk, roasted pumpkin en caramalised onion pizza sal ek nog laat slide, maar hel, perd vleis. Ah nee ah.


So volgende keer as jy jou tande in ‘n heerlike stuk biltong insink, onthou net, dis dalk vir iemand anders die eienaardigste ding ooit dat jy droe, rou vleis eet.


Hulle weet nie wat hulle mis nie. En ek is geel gelukkig om nou maar vir ewig en altyd nie te weet ek mis as dit by perdvleis kom nie.


Smaaklike ete maters, wat ookal dit mag wees.

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts with Thumbnails